Teken-in
Tuisblad Persone Kontak My

Welkom by S.A. Visser Families ! (opgestel deur Gerda Rawlinson)

Toe ek nog so 'n klein tjokkertjie was, het ek voor die geslagregister in die gang gaan staan en die mooi blink Visser familie wapen bewonder.  Oorlede Oupa Visser het vir my die inligting dikwels gelees:


VISSER:

Betekenis:  Beroepsnaam.

STAMVADER

Gerrit Jansz VISSER van Ommen in Overyssel (Nederland)

Arriveer 1670; vryburger te Stellenbosch.  Trou 4 Augustus 1675 met Jannetjie Thielemans, dogter van Thieleman HENDRIKS, die eerste Kaapse meisie wat met 'n vryman in die huwelik getree het.  (12 kinders)

TWEEDE GESLAG

Johannes, vierde kind, getroud 14 Maart 1717 met Maria  SLABBERT.

DERDE GESLAG

Jasper, agste kind, getroud 3 Maart 1765 met Cornelia BRAND

VIERDE GESLAG:

Christiaan Pieter, sewende kind

VYFDE GESLAG:

Jasper Christiaan P.A., getroud met Anna M. LOTTRICH

SESDE GESLAG:

Barend Christoffel, agste kind, gebore 18 Desember 1854, getroud met Anna M. Crafford in 1880.  Sy broer, Christiaan is in die oorlog met Moshesh gevang, gebraai en opgeëet.

SEWENDE GESLAG:

Francois Jacobus, 8ste kind, gebore 13 Junie 1892, getroud 1917 met Gertruida Anna Magdalena BEKKER

 

(Afskrif van die familie register se inhoud is verskaf deur Mev Ds Babs Redelinghuys, Centurium)


Jan Coenraad VISSER * 1633/5 Ommen, Friesland, Nederlands (volgens FHC Fiches en Roots Web.com), bereik ged. 1657 Kaap de Goede Hoop (Suid-Afrika) as soldaat en pastoor aan boord van die "Dort", wat vanaf Delft in Nederland geseil het.  Hy vertrek weer terug na Nederland, waar hy in die huwelik tree (1658) met Geertjen (Margaretha) GERRITS, * 1636, Hardenberg, Nederland.  Jan laat nie gras onder sy voete groei nie en besluit om te emigreer na sonnige Suid-Afrika.  (Dit is meer as drie eeue gelede.)

Jan Coenraad VISSER word op 30 Sep 1659 in die Vryheidsbrief beskrywe as "Soldaat by die Fort."  Hierdie brief stel hom instaat om hom as burger in Rondebosch te vestig.  Feit is dat Jan se gegewe plaas kort voor lank tekens van agteruitgang begin toon het, en dat hy en Pieter VASAGIE, 'n mede-burger, albei al dieper in die skuld beland het by die Kompanjie (HOIK), sodanig so, dat hulle vasgevat moes word.  Die volgende uittreksel kom uit:

September 1660, Page 255, Jan Van Riebeeck Journal, Vol 111, 1659 - 1662

"The farmers Pieter VASAGIE and Jan Coenraet VISSER have for some time been increasingly lax in their work and have in the meantime been running up heavy debts, without showing the necessary diligence for their grain-farming, out of which they could have repaid their debts. This has been tolerated long enough, and instructions have now been given to Cruijthoff, the Company's farming super-intendent, to press these men daily to do their duty properly on their farms, just as if they were Company's servants.  He shall continue to do this until their lands are so far restored to productivity that their value is equal to the debt that they owe us, and that they may henceforth incur.  This example will also encourage others to do their work better, for, after all, it is the Hon Company that advances everything for them at a very reasonable rate and sustains them. As the Company has put them properly on their feet, it is no more than reasonable that they should either apply themselves diligently to paying off their debts, or be forced to do so by authority of the Company"

Gedurende 1662 ar. sy vrou, Geertjen (Margaretha) GERRITS en hulle kinders wat in Hardenberg, Nederland, gebore is.  Volgens FHC Fiches wat Gezina (Geesje/Gesina Jansz) VISSER * onge. 1654, die oudste kind, en die tweede oudste dogter was Maria Jansz VISSER, = 1655, Ommen, Friesland, Nederland. (+ 7 Jun 1718, Kaap), dan Coenraad VISSER * c1659, Nederland, die tweede oudste seun was Gerrit Jansz VISSER * c1660, Ommen, Friesland, dan Zachariaz Jansz VISSER, * 1662 Nederland, = 28 Aug 1665, Kaap.  Jan Coenraad Visser beweer op 18 Des 1662 dat hy 5 kinders het (Franken, 1956)

Volgens navorsing deur Wyle Johan C. Van Deventer (Die laaste artikel voor sy dood)  gepubliseer in Familia Vol 36 van 1999, asook 'n artikel in Standpunte van Oktober - November, geskryf deur Wyle dr. J.L.M. FRANKEN, vervolgens:

Wyle Dr J.L.M. Franken se artikel bevestig Van Deventer, asook J.P.J.van Vuren se mening dat Maria Jansz VISSER , vrou van Willem WILLEMSZ, die oudste dogter van Jan Coenraet VISSER was.  VISSER het reeds in 1657 na die Kaap verhuis. maar sy vrou en kinders het in Nederland agtergebly.  Volgens die Fiche inligting van The Church Of Jesus Christ of Latter Day Saints, is die oudste dogter nie Maria nie, maar wel Gezina, wat op 12 April 1671 in Kaapstad in die huwelik tree met Hendrik VERSCHUUR, v. Amesfoort, Nederland.

Miskien was dit Geertjen se tydige aankoms en die aanmoediging van Kruijthoff wat veroorsaak het dat Jan die hande uit die moue begin steek het, want gedurende die loop van 1663 geluk dit hom om 42 mud graan te produseer.  As gevolg daarvan word hy toe beskryf as een van die mees belangrike graanboere van die Kaap.

Maar Jan het ook met veë geboer en moes verskeie kere opdok en boete betaal na die hof hom skuldig bevind het aan onwettige ruilhandel.  Daar was ook ander aksies, waarvoor Jan in die hof moes verskyn.